Welkom by die webtuiste van Die Campbells!

Die Campbells se nuutste album:

Bloed Is Dikker As Water

is nou landswyd beskikbaar.

 

 

Net wanneer jy dink die Campbells het alles bereik met verkope van meer as 800 000 eenhede en verskeie toekennings…. dan doen hulle dit weer! Suid-Afrika se gunsteling sangpaar is terug met nog ‘n treffer album. Bloed Is Dikker As Water is hierdie week landswyd in winkels beskikbaar.

 

Die radio enkelsnitte: “Love At First Sight”, “Burning Up” en “Beloftes” word alreeds gereeld deur radiostasies landswyd gespeel.  Die duet “Beloftes" (saam met die Afrikaanse sangeres Cordelia) is huidiglik #1 op verskeie Afrikaanse Top20 radio programme.

 

Die treffers “Bloed Is Dikker As Water” en “Boertjie Jam” is beide deur Die Campbells en die bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Gerhard Steyn geskryf. Die twee treffers is vinnig oppad om hierdie jaar twee van die gewildste liedjies in Suid-Afrika te word.

 

Die album is gevul met oorspronklike inhoud en die stories in die lirieke van “Die Vuil Kyk”, “Huisgenoot”, “Wittebrood” en “Hofmeyr” sal verseker musiekliefhebbers aangryp. Die Campbells het ook twee keurspelle van bekende treffers asook heropnames van: “Hillbilly Rock” en “Stoutgat” ingesluit.

 

Toe Tony Campbell gevra is wat maak hierdie album so uniek was sy antwoord: “Dit is tegnies gesprekend ons beste opname tot op hede, met gevorderde kitaarspel wat ons aanhangers aangewoond geraak het en baie geniet.  Dit is ‘n uiterse saamsing album met oulike stories en lirieke wat deur almal geniet kan word.’’

 

Bloed Is Dikker As Water is Die Campbells se 17de ateljee album en beloof om ook nie hul laaste te wees nie. Met beide Tony Campbell en Harry Campbell as medeskrywers van meeste van die liedjies kan jy verseker wees van die Campbells se kenmerkende styl en musiek vir oud en jonk!

 

 

Hier is 'n voorsmakie van Die Campbells se optrede by die Bapsfontein Hotel

KONTAK BESONDERHEDE

E-pos:  info@campbells.co.za

Selfoon:        082 341 5006